Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. U het hulle deel aangestel volgens hulle misleiding; U het hulle neergegooi toe hulle hulself opgelig het.

19. Hoe word hulle nie in ’n oomblik in verlatenheid gebring nie. Hulle word heeltemal verteer deur verskrikkinge!

20. Soos een wat wakker word uit ’n droom, o יהוה, so sal U hulle afgodery verag!

21. So was my verstand, wil en emosie gegrief en my gewete het my gepla.

22. Ek was dwaas en onkundig; ek was soos ’n dier voor U.

23. U sal my troos met U raad en my lei volgens U eer.

24. Wie het ek buiten U in die hemel en wie het ek op aarde begeer buiten U?

25. Nogtans is ek voortdurend by U, U houvas my aan die regterhand.

26. My vlees, verstand, wil en emosie faal, maar God is die sterkte van my verstand, wil en emosie en my deel vir ewig.

27. Let op, hulle wat ver van U af is, sal vergaan; U het almal vernietig wat van U af wegdwaal.

28. Ek was bly om nader te kom aan God; ek het my vertroue in יהוהGod geplaas dat ek al U dade kan verkondig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 73