Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 72:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hulle wat op die eiland bly sal voor hom buig en sy vyande sal stof lek.

10. Die konings van Tarshish en van die eilande sal geskenke bring; die konings van Sh’va en S’va sal geskenke aanbied.

11. Ja, al die konings sal voor hom neerval, al die nasies sal hom dien,

12. want hy sal die behoeftige red van die magtiges; ook die armes wat geen helper het nie.

13. Hy sal die armes en behoeftiges spaar en die lewe van die behoeftiges red.

14. Hy sal hulle lewens loskoop van misleiding en geweld; hulle bloed is kosbaar in sy oë

15. en hy sal lewe, van die goud van Sh’va sal aan hom gegee word, daar sal voortdurend vir hom gebid word en hy sal daagliks geseën word!

16. Hy sal vermenigvuldig soos koring op die aarde, sy saad sal opspring op die bergtoppe, soos op L’vanon en húlle in die stad sal floreer soos die gras van die aarde.

17. Sy naam sal vir ewig wees; sy naam sal voortduur solank as die son daar is en mense sal in hom geseën wees; alle nasies sal hom geseënd noem!Luk 1:68 wat alleen wonderwerke doen

18. Geseënd is יהוה-God, die God van Yisra’el,

19. en geseënd is Sy verhoogde Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig. Laat die hele aarde gevul word met Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid!

20. Dit is tydloos waar.

Lees volledige hoofstuk Psalms 72