Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 71:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ek is deur U ondersteun vanaf die baarmoeder af, U is my Versekerde Verwagting sedert ek in die liggaam van my moeder was; my lofprysing is voortdurend tot U.

7. Ek is vir baie soos ’n wonder, maar U is my kragtige Skuiling.

8. My mond is die hele dag lank vol van lofprysing en U eer.

9. Verwerp my nie in die tyd van hoë ouderdom nie, laat my nie in die steek wanneer my krag faal nie,

10. want my vyande praat teen my en die wat lê en wag op my lewe hou saam beraad

11. en sê: “God het hom in die steek gelaat; agtervolg en gryp hom, want daar is niemand om hom te bevry nie!”

12. O God, wees nie ver van my af nie; o my God, maak gou met my hulp!

13. Laat hulle wat jaloers is op my lewe, beskaamd en in verleentheid wees; laat hulle wat my ongeluk soek in skande bedek wees,

14. maar ék sal voortdurend bid en U meer en meer lofprys.

15. My mond sal U onpartydige opregtheid en verlossing die hele dag lank verkondig, want ek ken nie die grootheid daarvan nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 71