Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 71:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Bevry my deur U onpartydige opregtheid en red my; draai U oor na my en verlos my!

3. Wees U vir my ’n rots van skuiling waarheen ek voortdurend kan gaan; gee U die bevele om my te red, want U is my Rots en my Vesting.

4. Bevry my, o God, uit die hand van die bose persoon, uit die hand van hom wat moreel verdraaid en ’n wrede man is,

5. want U is my Versekerde Verwagting, יהוה-God, van my jeug af is U my Vertroue.

6. Ek is deur U ondersteun vanaf die baarmoeder af, U is my Versekerde Verwagting sedert ek in die liggaam van my moeder was; my lofprysing is voortdurend tot U.

7. Ek is vir baie soos ’n wonder, maar U is my kragtige Skuiling.

8. My mond is die hele dag lank vol van lofprysing en U eer.

9. Verwerp my nie in die tyd van hoë ouderdom nie, laat my nie in die steek wanneer my krag faal nie,

Lees volledige hoofstuk Psalms 71