Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 71:16-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Ek sal gaan in die krag van יהוה; ek sal U onpartydige opregtheid alleen vermeld.

17. O God, U het my van kleins af geleer sodat ek U wonderwerkende dade kan verkondig.

18. Nou ook op hoë ouderdom en grys hare, o God, verlaat my nie totdat ek aan die volgende geslag U krag en U sterkte gewys het.

19. U onpartydige opregtheid, o God, het gereik tot in die hoogte; U het groot dinge gedoen, o God, wie is soos U?

20. U wat my groot en moeilike probleme gewys het, U sal my weer opwek en my laat opkom uit die dieptes van die aarde.

21. U het my grootheid vermeerder en teruggekom om my te troos.

22. Ek sal U ook loof en prys met uitgestrekte hande en instrumente; ek sal tot U waarheid sing, o my God; ek sal tot U sing met die harp, o Afgesonderde Een van Yisra’el!

23. My lippe en my lewe, wat U losgekoop het, sal dit uitskree van vreugde wanneer ek tot U sing.

24. My tong sal ook praat van U onpartydige opregtheid, die hele dag lank, want hulle is verward, hulle wat my ongeluk soek word tot skande gemaak.

Lees volledige hoofstuk Psalms 71