Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 70:2-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en verward wees; laat hulle wat my ongeluk begeer omgedraai en deurmekaar gemaak word.

3. Laat hulle agteruitgaan deur hulle herhalende skande wat vir my sê: “Ha, ha!”

4. Laat almal wat U soek hulself in U verheug en bly wees en laat hulle wat U verlossing lief het voortdurend sê: “Laat God groot gemaak word!”

5. Ek is egter arm en behoeftig; kom gou na my toe, o God, U is my Hulp en my Bevryder; o יהוה, moenie uitstel nie!

Lees volledige hoofstuk Psalms 70