Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:22-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. יהוה het gesê: “Ek sal My volk red van die kranse, Ek sal My volk bring vanuit die dieptes van die see

23. sodat jou voet, asook die tonge van jou honde, gedoop kan word in die bloed van jou vyande.

24. Hulle het U prosessies gesien, o God, die prosessies van my God en my afgesonderde Koning.

25. Die prinse het vooruit gegaan en die sangers het gevolg; tussen hulle was die maagde wat met tamboeryne speel.

26. Seën God in die vergaderings; vir יהוה, julle wat van die fontein van Yisra’el is!

27. Daar is klein Binyamin, met hulle heerser; die prinse van Y’hudah en hulle heersers; die prinse van Z’vulun en die prinse van Naftali.

28. Beveel o God, U krag, versterk, o God, wat U vir ons gedoen het!

29. Ter wille van U tempel in Yerushalayim sal die konings aan U geskenke bring.

30. Bestraf die wilde diere van die vleie, die oorvloed van wilde bulle, die afgode van die volke wat oortrek is met silwer, verstrooi die volke wat plesier vind in oorloë.Yes 19:21-25

31. Ambassadeurs sal vanuit Mitzrayim kom, Kush sal spoedig haar hande uitsteek na God.

32. Sing tot יהוה-God, o koninkryke van die aarde, sing met instrumente tot יהוה,

33. tot Hom wat ry op die hoogste hemele; uit die ooste gee Hy Sy stem, ’n kragtige stem.

34. Gee lof, eer en aanbidding aan God! Sy majesteit is oor Yisra’el en Sy sterkte in die hemele.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68