Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Geseënd is יהוה, want Hy het ons gekies as Sy erfenis, ja God van ons verlossing!

20. Hy wat ons God is, is die God van verlossing, יהוה-God wat die mag van lewe en dood het.

21. God sal egter die kop van Sy vyande afkap, die harige skedel van hulle wat in hulle sonde volhard.

22. יהוה het gesê: “Ek sal My volk red van die kranse, Ek sal My volk bring vanuit die dieptes van die see

23. sodat jou voet, asook die tonge van jou honde, gedoop kan word in die bloed van jou vyande.

24. Hulle het U prosessies gesien, o God, die prosessies van my God en my afgesonderde Koning.

25. Die prinse het vooruit gegaan en die sangers het gevolg; tussen hulle was die maagde wat met tamboeryne speel.

26. Seën God in die vergaderings; vir יהוה, julle wat van die fontein van Yisra’el is!

27. Daar is klein Binyamin, met hulle heerser; die prinse van Y’hudah en hulle heersers; die prinse van Z’vulun en die prinse van Naftali.

28. Beveel o God, U krag, versterk, o God, wat U vir ons gedoen het!

Lees volledige hoofstuk Psalms 68