Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:12-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. dan sal die konings van die leërmagte verslaan word en die huishouding van God sal die buit verdeel.

13. Alhoewel julle slaap tussen die dorings, nogtans sal julle beskermd wees, soos met die vlerke van ’n duif wat oordek is met silwer en haar vere met geel goud.

14. Toe die Almagtige (Shaddai) ’n koning oor Tziyon aangestel het, het dit wit geword soos sneeu

15. oor Tzalmon, oor die berg van God, oor die berge van Bashan en oor die bergtoppe.Yeg 43

16. Wat wil julle hê, o julle berge van Bashan? Hierdie is die bergtop waarop God begeer om te bly; ja, יהוה sal vir ewig daarop bly.

17. God ry saam met die menigte van engele; יהוה is tussen hulle, soos in Sinai, in Sy Afgesonderde Plek.Efe 4:8 U het mense geseën met geskenke, maar rebelse manne sal nie in die Teenwoordigheid van Yah bly nie!

18. U het opgestyg na bo, U het gevangenes weggedra,

19. Geseënd is יהוה, want Hy het ons gekies as Sy erfenis, ja God van ons verlossing!

20. Hy wat ons God is, is die God van verlossing, יהוה-God wat die mag van lewe en dood het.

21. God sal egter die kop van Sy vyande afkap, die harige skedel van hulle wat in hulle sonde volhard.

22. יהוה het gesê: “Ek sal My volk red van die kranse, Ek sal My volk bring vanuit die dieptes van die see

23. sodat jou voet, asook die tonge van jou honde, gedoop kan word in die bloed van jou vyande.

24. Hulle het U prosessies gesien, o God, die prosessies van my God en my afgesonderde Koning.

25. Die prinse het vooruit gegaan en die sangers het gevolg; tussen hulle was die maagde wat met tamboeryne speel.

26. Seën God in die vergaderings; vir יהוה, julle wat van die fontein van Yisra’el is!

27. Daar is klein Binyamin, met hulle heerser; die prinse van Y’hudah en hulle heersers; die prinse van Z’vulun en die prinse van Naftali.

28. Beveel o God, U krag, versterk, o God, wat U vir ons gedoen het!

Lees volledige hoofstuk Psalms 68