Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 65:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. wat die storms van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe! Die volke sal omgekrap wees,

8. die bewoners van die aarde sal bewe voor U wonders, vanaf die oggend tot die aand.

9. In lof en eer het U die aarde besoek en dit water gegee; U het dit geseën met vrede en dit grootliks verryk met die rivier van God, wat vol water is. U het kos voorberei toe U dit gevestig het.

10. U het die omgeploegde grond daarvan natgemaak en om vrugte voort te bring het U sy groei besprinkel met reënbuie en dit geseën.

11. U kroon die jaar met U goedheid en die kalwers het ryk weiding.

12. Hulle sal gevul word met die weivelde van die wildernis en die heuwels sal omring wees met lof, eer en aanbidding.

13. Die weivelde sal oordek wees met vet wordende skape en die valleie sal geklee wees met koring; hulle sal uitroep van vreugde en sing.

Lees volledige hoofstuk Psalms 65