Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 64:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. dat hulle in die geheim op die onskuldige kan skiet; skielik skiet hulle op hom en vrees nie.

5. Hulle bemoedig hulself met bose woorde, hulle beplan om strikke weg te steek en hulle sê: “Wie sal ons sien?”

6. Hulle beplan boosheid, maar hulle word vernietig om sodoende die boosheid onder die mens te verteer vanuit die diepte van die verstand, wil en emosie,

7. maar God is groot; Hy sal na hulle skiet met ’n pyl;

8. so sal hulle tong stilgemaak word en almal wat hulle sien, sal bang wees.

9. Alle mense sal vrees en die werke van God verkondig, want hulle sal met wysheid Sy werke ondersoek.

Lees volledige hoofstuk Psalms 64