Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 64:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Steek my weg vir die boosheid van die bose een, van die korrupsie van die werkers van boosheid,

3. wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard, hulle woorde vergiftig met gif soos aan ’n pyl

4. dat hulle in die geheim op die onskuldige kan skiet; skielik skiet hulle op hom en vrees nie.

5. Hulle bemoedig hulself met bose woorde, hulle beplan om strikke weg te steek en hulle sê: “Wie sal ons sien?”

6. Hulle beplan boosheid, maar hulle word vernietig om sodoende die boosheid onder die mens te verteer vanuit die diepte van die verstand, wil en emosie,

7. maar God is groot; Hy sal na hulle skiet met ’n pyl;

8. so sal hulle tong stilgemaak word en almal wat hulle sien, sal bang wees.

9. Alle mense sal vrees en die werke van God verkondig, want hulle sal met wysheid Sy werke ondersoek.

10. Die onpartydige opregte sal bly wees in יהוה en in Hom vertrou en al die opregtes van verstand, wil en emosie sal Hom helder en duidelik loof.

Lees volledige hoofstuk Psalms 64