Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 64:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Luister na en hoor my stem, o God, as ek tot U bid; bewaar my lewe van vrees vir my vyande.

2. Steek my weg vir die boosheid van die bose een, van die korrupsie van die werkers van boosheid,

3. wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard, hulle woorde vergiftig met gif soos aan ’n pyl

4. dat hulle in die geheim op die onskuldige kan skiet; skielik skiet hulle op hom en vrees nie.

5. Hulle bemoedig hulself met bose woorde, hulle beplan om strikke weg te steek en hulle sê: “Wie sal ons sien?”

6. Hulle beplan boosheid, maar hulle word vernietig om sodoende die boosheid onder die mens te verteer vanuit die diepte van die verstand, wil en emosie,

7. maar God is groot; Hy sal na hulle skiet met ’n pyl;

Lees volledige hoofstuk Psalms 64