Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 62:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van “Y’dutun.” (Lofuitinge): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 My lewe wag op God; vanaf Hom kom my verlossing.

2. Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my groot Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.

3. Hoe lank sal julle ’n man bedreig sodat julle hom kan doodmaak? Julle sal wees soos ’n verkrummelde muur en ’n inmekaarvallende heining.

4. Julle het gedink om hom van sy verhoogde posisie af te gooi; julle verheug julleself in leuens; julle seën met jul monde en vervloek in julle binneste.

5. My lewe wag net op God, want van Hom is my verlossing!

6. Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 62