Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 61:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid met snaarinstrumente. 2 Luister en hoor my uitroep, o God, gee aandag aan my gebed!

2. Vanaf die einde van die aarde sal ek na U roep wanneer my verstand, wil en emosie oorweldig is, want U het my op ’n Rots opgelei en my getroos,

3. want U is ’n Toevlug vir my, ’n Sterk Toring teen my vyande.

4. Ek sal in U tent bly vir ewig, my skuilplek maak in die skaduwee van U vlerke,

5. want U, o God, het my beloftes gehoor; U het ’n erfenis gegee aan hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) respekvol vrees.

6. U het dae by die koning se dae bygevoeg en sy jare soos baie geslagte gemaak.

7. Hy sal vir ewig voor die Teenwoordigheid van God gevestig word; onverdiende guns en regverdige oordeel sal hom bewaar.

8. Só sal ek sing en musiek maak tot U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig, wanneer ek daagliks my beloftes nakom.

Lees volledige hoofstuk Psalms 61