Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 60:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. U het ’n wonderwerk gegee aan hulle wat U respekvol vrees sodat hulle nie hoef te vlug vir die boog nie

6. sodat die een waarvoor U lief is voorbereid mag wees. Verlos deur U regterhand en antwoord my!

7. God het in Sy afgesonderdheid gepraat: ‘Ek sal sterk wees en Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.

8. Gil’ad is Myne en M’nasheh is Myne; Efrayim is die sterkte van My kop; Y’hudah is My koning;

9. Mo’av is My waskom; oor Edom sal Ek belasting eis; Ek sal triomfeer oor P’leshet!’

10. Wie sal my inlei in Edom? Wie sal my inbring in die versterkte stad?

11. Let op, o God, U het ons weggestamp en U het nie voor ons uitgetrek met ons leërs nie.

12. Gee vir ons krag teen ons vyande, want die hulp van die mens is leeg. 14 Deur God sal ons dapper dade doen, want dit is Hy wat ons vyande sal vertrap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 60