Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle kom terug teen die aand; hulle maak geluide soos honde en dwaal rond deur die stad.

7. Let op, hulle smaal met hul monde; swaarde is op hulle lippe, want ‘wie,’ sê hulle, ‘gee om?’

8. U, o יהוה, sal egter vir hulle lag; U sal spot met al die nasies.

9. Tot U sal ek lofprysing gee, o God, want U is my Verdediging.

10. O God, U liefdevolle goedheid het voor my uitgegaan; God het my laat lewe om wraak op my vyande te sien.

11. Spaar hulle as ’n lewende voorbeeld sodat my volk dit nie vergeet nie, maar verstrooi hulle deur U krag en werp hulle neer, o יהוה, my Versekerde Verwagting,

12. vir die sonde van hulle mond en die woorde van hulle lippe, laat hulle selfs gevang word in hul trots, want dit is vloeke en leuens wat hulle praat.

13. Verteer hulle in U wraak, verteer hulle dat hulle nie meer sal wees nie sodat hulle kan weet dat God oor Ya’akov en oor die eindes van die aarde heers

14. en laat hulle terugkom teen die aand en laat hulle geluide maak soos honde en ronddwaal deur die stad.

15. Laat hulle honger wees en nie gevul word nie en ook nie ’n blyplek vind nie,

16. maar ék sal sing van U krag, ja ek sal hardop sing van U eer, lof en aanbidding in die oggend, want U was my Verdediging en my Toevlug in die dag van my moeilikheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59