Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:12-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. vir die sonde van hulle mond en die woorde van hulle lippe, laat hulle selfs gevang word in hul trots, want dit is vloeke en leuens wat hulle praat.

13. Verteer hulle in U wraak, verteer hulle dat hulle nie meer sal wees nie sodat hulle kan weet dat God oor Ya’akov en oor die eindes van die aarde heers

14. en laat hulle terugkom teen die aand en laat hulle geluide maak soos honde en ronddwaal deur die stad.

15. Laat hulle honger wees en nie gevul word nie en ook nie ’n blyplek vind nie,

16. maar ék sal sing van U krag, ja ek sal hardop sing van U eer, lof en aanbidding in die oggend, want U was my Verdediging en my Toevlug in die dag van my moeilikheid.

17. Tot U, o God, sal ek sing en musiek maak, want U is die God van my toevlug en die God van my eer, lof en aanbidding.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59