Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 58:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid. 2 Praat julle waarlik onpartydige opregtheid, o gemeente? Oordeel julle regverdig, o seuns van die mens?

2. Let op, julle praat almal boosheid op die aarde en julle hande is bevuil met onregverdigheid.

3. Die moreel bose persoon is bekend van die baarmoeder af; hulle dwaal af en praat leuens sodra hulle gebore word.

4. Hulle gif is soos die gif van ’n slang; soos die dowe adder wat sy oor toestop

5. en nie luister na die stem van die besweerders, of na die ervare towerspreker, of die wyse nie.

6. O God, breek hulle tande in hulle monde; trek die slagtande van die jong leeus uit, o יהוה!

7. Laat hulle verwerp word soos water wat vuil is; laat God Sy pyle skiet totdat die bose vernietig is.Yog 1:4-10

8. Soos die was wat smelt en voor die vuur drup, laat hulle vernietig wees; vuur het vanaf die hemel geval en hulle het dit nie gesien nie; die Lig van waarheid is gegee en hulle het nie verstaan nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 58