Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 56:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle sal wegkruip en wag, my voetstappe dophou omdat hulle my dood begeer.

7. Hulle het gesê: “Hy het geen Verlosser nie.” Veroordeel hulle met die veroordeling van die nasies, o God!

8. O God, ek het my vertroue in U verklaar; teken U my trane op in U boek,

9. dan sal my vyande terugdraai en ek sal weet dat ek ’n God het.

10. In God sal ek Sy boodskap helder en duidelik prys; in יהוה sal ek Sy boodskap helder en duidelik prys.

11. In God het ek my vertroue geplaas, ek sal nie bang wees vir wat die mens aan my kan doen nie.

12. Ek sal my beloftes tot U nakom, o God; ek sal hulle tot U aanbied in dank met uitgestrekte hande,

13. want U het my lewe bevry van die dood en my voete van struikeling dat ek in die land van die lewendes aanvaarbaar mag lewe in U Teenwoordigheid, o God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 56