Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 56:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van “Die stil duif in veraf plekke:” ’n gedig van Dawid, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. 2 Bewys aan my onverdiende guns, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, onderdruk my die hele dag lank.

2. My vyande vertrap my daagliks, want baie vegters het teen my opgestaan.

3. Ek vrees nie deur die dag nie, want ek vertrou op U.

4. In God sal ek opgelig word; in God het ek vertrou, ek sal nie vrees wat die mens aan my kan doen nie.

5. Die hele dag lank sweer hulle saam teen my en hulle beplan boosheid teen my.

6. Hulle sal wegkruip en wag, my voetstappe dophou omdat hulle my dood begeer.

7. Hulle het gesê: “Hy het geen Verlosser nie.” Veroordeel hulle met die veroordeling van die nasies, o God!

8. O God, ek het my vertroue in U verklaar; teken U my trane op in U boek,

9. dan sal my vyande terugdraai en ek sal weet dat ek ’n God het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 56