Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Boosheid is daar binne, onderdrukking en bedrog gaan nie uit sy strate uit weg nie,

12. want dit is nie ’n vyand wat my onteer nie, dan sou ek dit kon dra. Dit is ook nie hy wat my haat, wat homself oplig teenoor my nie, dan sou ek myself vir hom wegsteek,

13. maar dit was jy, ’n man soos ek, my volksgenoot en my vriend!

14. Ons het ’n maaltyd saam geëet in die huis van God en in harmonie saam geloop.

15. Bring die dood oor hulle, begrawe hulle lewendig in Sh’ol, want daar is boosheid in hulle midde.

16. Wat my betref, ek beroep my op God en יהוה sal my red.

17. In die aand, in die oggend en in die middag sal ek bid en hardop uitroep en Hy sal my stem hoor.

18. Koop my lewe los van die wat te slim was vir my, van die wat my voortdurend teëgestaan het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55