Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier met snaarinstrumente: ’n onderriggewende gedig van Dawid.2 Luister na my gebed, o God en verberg U nie vir my smeking nie.

2. Hoor my en antwoord my. Ek dwaal klaend rond en maak geraas,

3. weens die stem van my vyand, weens die onderdrukking van die oortreders van die wet, want hulle het boosheid teen my beplan en my gehaat.

4. My verstand, wil en emosie is gepynig in my en die angs van die dood het my oorval.

5. Vrees en bewing kom oor my en die skadu van die dood het my oorweldig

6. en ek het gesê: “Ag, as ek tog maar vlerke gehad het soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!

7. Let op, dan sal ek ver weg vlieg en in die wildernis bly!

8. Ek sal haastig ontsnap van die winderige storm en die tornado.”

9. Vernietig hulle, o יהוה, verdeel hulle tong, want ek sien geweld en stryd in die stad.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55