Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Teen U en U alleen het ek gesondig en gedoen wat boos is in U oë, want U sal regverdig wees wanneer U praat, deursigtig in U oordeel.

6. Let op, in morele boosheid is ek gevorm en in sonde het my moeder geboorte gegee aan my.

7. Let op, U vereis waarheid in die binneste en die geheime van U wysheid het U aan my bekend gemaak.

8. Reinig my met hisop en ek sal rein wees. Was my en ek sal witter wees as sneeu.

9. Laat my oorvloedige vreugde en blydskap ervaar dat my gebroke gees kan omswaai in blydskap.

10. Draai U gesig weg van my sondes en vee al my morele boosheid uit.

11. Skep in my ’n rein verstand, wil en emosie, o God en hernu ’n standvastige gees in my.

12. Gooi my nie weg uit U Teenwoordigheid nie en neem nie U Gees van Afsondering weg van my af nie.

13. Herstel weer in my die vreugde van U verlossing en ondersteun my met U wonderbaarlike Gees.

14. Ek sal vir die wetteloses U lewenswyses leer en sondaars sal omdraai na U toe.

15. Bevry my van bloedvergieting, o God, U, die God van my verlossing en my tong sal hardop sing van U onpartydige opregtheid.

16. יהוה, maak U my lippe oop en my mond sal U lofprysing voortbring,Ps 40:7; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7

Lees volledige hoofstuk Psalms 51