Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Gooi my nie weg uit U Teenwoordigheid nie en neem nie U Gees van Afsondering weg van my af nie.

13. Herstel weer in my die vreugde van U verlossing en ondersteun my met U wonderbaarlike Gees.

14. Ek sal vir die wetteloses U lewenswyses leer en sondaars sal omdraai na U toe.

15. Bevry my van bloedvergieting, o God, U, die God van my verlossing en my tong sal hardop sing van U onpartydige opregtheid.

16. יהוה, maak U my lippe oop en my mond sal U lofprysing voortbring,Ps 40:7; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7

17. want U begeer nie offers nie, anders sou ek dit gee; U het geen behae in brandoffers nie.

18. Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en stukkende binneste sal U, o God, nie verag nie!

19. Doen goed aan Tziyon deur U onverdiende guns. Bou die mure van Yerushalayim op, 21 dan sal U tevrede wees met die offers van onpartydige opregtheid, met brandoffers en volledige brandoffers; dan sal hulle geskenke offer op U altaar.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51