Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek, 2 toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat hy by Bat-Sh’va ingegaan het.

2. Bewys onverdiende guns aan my, o God, volgens U liefdevolle goedheid. Vee my rebellie uit, na die oorvloedigheid van U liefdevolle omgee.

3. Was my deeglik van my morele boosheid en reinig my van my sonde,

4. want ek erken, my rebellie en my sonde is altyd voor my.Rom 3:4

5. Teen U en U alleen het ek gesondig en gedoen wat boos is in U oë, want U sal regverdig wees wanneer U praat, deursigtig in U oordeel.

6. Let op, in morele boosheid is ek gevorm en in sonde het my moeder geboorte gegee aan my.

7. Let op, U vereis waarheid in die binneste en die geheime van U wysheid het U aan my bekend gemaak.

8. Reinig my met hisop en ek sal rein wees. Was my en ek sal witter wees as sneeu.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51