Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en die hemele sal Sy onpartydige opregtheid verkondig, want God self is die Regter!

7. “Luister en hoor, My volk en Ek sal met julle praat; Yisra’el, Ek sal teenoor jou getuig: Ek is God, jou God!

8. Ek bestraf jou nie oor jou offers en jou brandoffers nie; hulle is altyd voor My.

9. Ek sal geen jong bul uit jou huis of bokram uit jou krale vat nie,

10. want al die wilde diere van die woud is Myne, asook die beeste op ’n duisend heuwels.

11. Ek ken al die voëls van die lug en wat roer op die veld, is Myne.

12. As Ek honger het, sal Ek jou nie vertel nie, want die wêreld is Myne en alles wat daarin is.

13. Ek eet nie die vleis van bulle en drink nie die bloed van bokramme nie.

14. Offer aan God die offer van danksegging en vervul jou geloftes aan die Allerhoogste.

15. Roep uit na My in die dag van moeilikheid. Ek sal jou versterk en jy sal My loof, eer en aanbid.”

16. Aan die wetsoortreders sê God egter: “Hoe het jy die boekrolle van My wet gevolg? Jy het My verbond ligtelik gevolg

Lees volledige hoofstuk Psalms 50