Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:15-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Roep uit na My in die dag van moeilikheid. Ek sal jou versterk en jy sal My loof, eer en aanbid.”

16. Aan die wetsoortreders sê God egter: “Hoe het jy die boekrolle van My wet gevolg? Jy het My verbond ligtelik gevolg

17. omdat jy My dissipline haat en My boodskappe agter jou gooi?

18. As jy ’n dief sien, het jy by hom ingeval en jy is ’n deelgenoot aan egbrekers.

19. Jy het jou mond vir boosheid gegee en jou tong praat bedrog.

20. Jy sit en praat teen jou broer, jy beskinder die seun van jou eie moeder.

21. Al hierdie dinge het jy gedoen en Ek het stilgebly. Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en die sondes voor jou oë regmaak.

22. Nou moet julle wat God vergeet dít verstaan sodat jy nie vergruis word sonder iemand wat bevry nie.Rom 1:25

23. Wie ook al ’n dankoffer bring, loof en eer My en aan hom sal Ek die pad van verlossing van God wys.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 50