Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 5:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. In die oggend, יהוה, sal U my stem hoor; in die oggend sal ek dit aan U voorlê en wag,

4. want U is nie ’n God wat plesier put uit boosheid nie; geen wetsoortreders sal by U bly nie.Heb 1:9

5. Die grootpraters sal nie voor U oë staande bly nie; U haat almal wat wetsoortreders is.

6. U vernietig dié wat valsheid praat; יהוה verag die man van bloedvergieting en misleiding.

7. Wat my betref, deur U oorvloedige liefdevolle goedheid sal ek U huis ingaan, by U afgesonderde tempel sal ek neerbuig in respekvolle vrees vir U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 5