Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. hulle wat vertrou op hulle eie krag en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom.

7. Sy broer kan ’n man nie loskoop nie en ook kan ’n man nie aan God ’n losprys gee vir homself nie,

8. want die loskoop van hulle lewe is te kosbaar en hou vir ewig

9. sodat hy ewig sou lewe en die vernietiging nie sou sien nie,

10. maar hy sien wyse manne sterf, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle rykdom aan ander na.

11. Die graf sal hul enigste blyplek wees, hul wonings van geslag tot geslag. Hulle gemerkte grafte sal die enigste herinnering aan hulle wees op aarde.

12. Die mens word nie in stand gehou deur sy eer nie. Sy einde sal wees soos die diere en hy sal vergaan.Rom 1:32

13. Hulle lewenswyse is hulle en dié wat na hulle toe kom, wat hulle woorde goedkeur, se dwaasheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49