Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die graf sal hul enigste blyplek wees, hul wonings van geslag tot geslag. Hulle gemerkte grafte sal die enigste herinnering aan hulle wees op aarde.

12. Die mens word nie in stand gehou deur sy eer nie. Sy einde sal wees soos die diere en hy sal vergaan.Rom 1:32

13. Hulle lewenswyse is hulle en dié wat na hulle toe kom, wat hulle woorde goedkeur, se dwaasheid.

14. Soos skape is hulle bestem vir die graf; die dood is hulle herder en die opregtes sal heers oor hulle in die oggend; die graf sal hulle skoonheid verteer en hulle sal geen plek van eer en lof hê nie,

15. maar God sal my lewe loskoop, my oplig vanuit die mag van die graf.

16. Moenie bang wees as iemand ryk gemaak word en die eer en lof van sy huis vergroot word nie,1 Tim 6:7

17. want by sy dood sal hy niks wegdra nie; ook sal sy lof en eer nie agter hom aan afgaan nie,

18. want terwyl hy gelewe het, het hy gemaklik gelewe en jou geprys wanneer jy goed gedoen het.

19. Sy einde sal wees soos die van sy vaders voor hom; hulle sal nooit die Lig sien nie.

20. Die mens van aansien wat nie begrip het nie, is soos die diere wat vergaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49