Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. maar hy sien wyse manne sterf, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle rykdom aan ander na.

11. Die graf sal hul enigste blyplek wees, hul wonings van geslag tot geslag. Hulle gemerkte grafte sal die enigste herinnering aan hulle wees op aarde.

12. Die mens word nie in stand gehou deur sy eer nie. Sy einde sal wees soos die diere en hy sal vergaan.Rom 1:32

13. Hulle lewenswyse is hulle en dié wat na hulle toe kom, wat hulle woorde goedkeur, se dwaasheid.

14. Soos skape is hulle bestem vir die graf; die dood is hulle herder en die opregtes sal heers oor hulle in die oggend; die graf sal hulle skoonheid verteer en hulle sal geen plek van eer en lof hê nie,

15. maar God sal my lewe loskoop, my oplig vanuit die mag van die graf.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49