Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Hoor, luister en doen dit, alle volke. Gee aandag, alle bewoners van die wêreld,

2. seuns van die aarde en seuns van die mens, ryk en arm dieselfde!

3. My mond sal praat van wysheid en die meditasie van my verstand, wil en emosie sal insig wees.

4. Ek sal my oor draai na vergelykende stories. Ek sal my spreuke met die harp openbaar.

5. Ek sal nie vrees in die dae van boosheid, as die morele oortredings van my vyande my omring nie,

6. hulle wat vertrou op hulle eie krag en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom.

7. Sy broer kan ’n man nie loskoop nie en ook kan ’n man nie aan God ’n losprys gee vir homself nie,

8. want die loskoop van hulle lewe is te kosbaar en hou vir ewig

9. sodat hy ewig sou lewe en die vernietiging nie sou sien nie,

10. maar hy sien wyse manne sterf, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle rykdom aan ander na.

11. Die graf sal hul enigste blyplek wees, hul wonings van geslag tot geslag. Hulle gemerkte grafte sal die enigste herinnering aan hulle wees op aarde.

12. Die mens word nie in stand gehou deur sy eer nie. Sy einde sal wees soos die diere en hy sal vergaan.Rom 1:32

Lees volledige hoofstuk Psalms 49