Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Al die volke, klap julle hande! Skreeu dit uit tot God met ’n klank van triomferende vreugde,

2. want יהוה-Elyon (die Allerhoogste Magtige God) word respekvol gevrees! Hy is ’n groot Koning oor die hele aarde.

3. Hy onderwerp volke onder ons en nasies onder ons voete.

4. Hy het ons gekies vir die erfenis en vir die eer en lof van Ya’akov, wat Hy liefhet.

5. God het opgegaan met ’n uitroep van vreugde, יהוה met die klank van die ramshoring.

6. Sing en maak musiek tot God! Sing en maak musiek! Sing en maak musiek tot ons Koning, sing en maak musiek,

7. want God is die Koning van die hele aarde! Sing en maak musiek met insig.

8. יהוה regeer oor die ander nasies; יהוה sit op Sy afgesonderde troon.

9. Die prinse van die volke het teruggedraai na die God van Avraham, want die heersende outoriteit oor die aarde behoort aan יהוה en Hy word hoog opgelig!Mat 5:35 en op Sy afgesonderde opgeligte berg!

Lees volledige hoofstuk Psalms 47