Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Nou het U ons egter verstoot en tot skande gemaak en U trek nie saam uit met ons leërs nie,

10. maar U laat ons terugdraai van die teëstander en ons vyande plunder ons.

11. U verkoop ons soos slagskape en U het ons onder die nasies verstrooi.

12. U verkoop U volk goedkoop en het geen wins uit hulle verkope nie.

13. U maak ons ’n bespotting vir ons bure, ’n spot en veragting vir die wat rondom ons is.

14. U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies, ’n skud van die kop onder die volke.

15. My skande is die hele dag voor my en my vernedering oorweldig my

16. weens die stem van die een wat beskuldig en kwaadpraat, weens die vyand wat wraak neem.

17. Dit alles het oor ons gekom, tog het ons U nie vergeet en nie vals opgetree teen U verbond nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 44