Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 43:2-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. want U is die God van my krag; waarom het U my verwerp? Waarom moet ek rou deur my vyand se onderdrukking?

3. Stuur U Lig en U Waarheid; hulle sal my lei; hulle sal my bring na U afgesonderde berg en na U blyplek,

4. dan sal ek voor die altaar van God gaan, na die God van my oorweldigende blydskap en U loof met die harp, o God, my Magtige God!

5. Waarom is jy omgekrap, o my lewe en waarom is jy treurig in my? Behou versekerde verwagting in God, want ek sal Hom steeds loof en dank met uitgestrekte hande, my God en die Redder van my eer!

Lees volledige hoofstuk Psalms 43