Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 43:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Oordeel my, o God en verdedig my regsaak teen volk sonder genade; bevry my van die man van bedrog en onreg,

2. want U is die God van my krag; waarom het U my verwerp? Waarom moet ek rou deur my vyand se onderdrukking?

3. Stuur U Lig en U Waarheid; hulle sal my lei; hulle sal my bring na U afgesonderde berg en na U blyplek,

4. dan sal ek voor die altaar van God gaan, na die God van my oorweldigende blydskap en U loof met die harp, o God, my Magtige God!

Lees volledige hoofstuk Psalms 43