Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 4:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op snaarinstrumente: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Antwoord my wanneer ek roep, o God van my onpartydige opregtheid! In my benoudheid het U my bevry; buig af na my in goedheid en luister na my gebed!

2. O manne, hoe lank sal julle my eer verdoesel? Hoe lank sal julle die waardelose liefhê, die misleiding soek?

3. Weet egter dat יהוה die getroue een vir Homself afgesonder het; יהוה luister as ek na Hom roep.Efe 4:26

4. Word kwaad en moenie sondig nie; deurdink dit in julle harte op julle bed en wees stil.

5. Offer die offers van onpartydige opregtheid en vertrou op יהוה.

Lees volledige hoofstuk Psalms 4