Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 39:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; aan Y’dutun: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het gesê: “Ek wil oplet na my lewenswyse dat ek nie sondig met my tong nie; ek sal die woorde van my mond in toom hou solank die bose in my teenwoordigheid is.”

2. Ek was stom en stil, ek het my selfs van die goeie weerhou, maar my smart het erger geword.

3. My hart was warm binne-in my en my liggaam was aan die brand; toe het ek met my tong gepraat:

4. “יהוה, wys my my einde en die lengte van my dae; laat my weet hoe verganklik ek is.

5. Let op, U het aan my dae ’n beperking geplaas en my ouderdom is soos niks voor U nie; ja, elke mens staan voor U as net ’n asemteug!

6. Waarlik, elke mens loop rond soos ’n skynbeeld; hy verdwyn soos ’n asem; hy begrawe skatte en weet nie wie dit bymekaar sal maak nie.

7. Van nou af, wat is my versekerde verwagting, behalwe in U, o יהוה?

8. Bevry U my van al my wetsoortredinge; maak my nie ’n bespotting van die onregverdige nie.

9. Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie, want U het dit gedoen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 39