Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. יהוה, al my begeertes is voor U en my gekreun is nie vir U verborge nie.

10. My hart klop vinnig, my krag het my verlaat; die lig van my oë, ook dit is weg van my af.

11. My vriende en dié wat my liefhet staan opsy vanweë my smart en my familie staan ver weg.

12. Die wat my lewe soek, span strikke en die wat boosheid beplan, praat van vernietiging en hulle beplan die hele dag lank bedrog,

13. maar ek, soos ’n dowe hoor ek nie en soos ’n stomme maak ek nie my mond oop nie.

14. Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen argument is nie,

15. want op U, יהוה, is my versekerde verwagting; U sal my antwoord, יהוה my God!

16. Ek het gesê: “Laat hulle nie bly wees oor my nie! Hulle wat met my spot wanneer my voet struikel,”

17. want ek is gereed om te val en my smart is voortdurend voor my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 38