Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Ek het gesê: “Laat hulle nie bly wees oor my nie! Hulle wat met my spot wanneer my voet struikel,”

17. want ek is gereed om te val en my smart is voortdurend voor my.

18. Ek sal my wetsoortredinge tot U bely, ek sal my reinig van my sonde,

19. maar my vyande is lewenslustig en sterk en daar is baie wat my verkeerdelik haat.

20. Dié wat kwaad vir goed vergeld, staan my teë omdat ek die goeie najaag.

21. Verlaat my nie, o יהוה! My God, wees nie ver van my af nie!

22. Maak gou om my te help, יהוה, my Redder!Ya’a 1:26

Lees volledige hoofstuk Psalms 38