Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek, as ’n herdenking. 2 O יהוה, bestraf my nie in U toorn en kasty my nie in U vurige woede nie,

2. want U pyle het in my ingedring en U hand het swaar op my gedruk.

3. Daar is geen heel plek in my vlees vanweë U toorn nie; daar is geen rus in my gebeente vanweë my sonde nie,

4. want my oortredinge van die wet het oor my kop gegaan; soos ’n swaar las het hulle vir my te swaar geword.

5. My wonde stink en sig vanweë my dwaasheid.

6. Ek is krom gebuig en baie gepla; ek loop die hele dag en treur,

7. want my lendene is vol ontsteking en daar is niks gesond in my vlees nie.

8. Ek is verswak en ellendig; ek kreun van die wanhoop in my binneste.

9. יהוה, al my begeertes is voor U en my gekreun is nie vir U verborge nie.

10. My hart klop vinnig, my krag het my verlaat; die lig van my oë, ook dit is weg van my af.

11. My vriende en dié wat my liefhet staan opsy vanweë my smart en my familie staan ver weg.

12. Die wat my lewe soek, span strikke en die wat boosheid beplan, praat van vernietiging en hulle beplan die hele dag lank bedrog,

13. maar ek, soos ’n dowe hoor ek nie en soos ’n stomme maak ek nie my mond oop nie.

14. Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen argument is nie,

Lees volledige hoofstuk Psalms 38