Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:28-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. want יהוה het die regverdige oordeel lief en sal sy afgesonderdes nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die wetteloses word vernietig.

29. Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop bly.

30. Die mond van die regverdige uiter wysheid en sy tong praat van regverdige oordeel.Ps 40:9 sy voete sal nie gly nie.

31. Die wet van sy God is in sy verstand, wil en emosie;

32. Die wetsoortreders lê en wag op die regverdige en soek om hom dood te maak.

33. יהוה sal hom nie in hulle hande laat bly nie en hom nie laat veroordeel word wanneer hy deur hulle geoordeel word nie.

34. Wees afwagtend op יהוה en hou Sy lewenswyse en Hy sal jou oplig om die aarde te erf; wanneer die wetsoortreder afgesny word, sal jy dit sien.

35. Ek het die wetsoortreder gesien groot praat terwyl hy homself uitsprei soos ’n taai boom in die woud.

36. Tog, toe ek verbygaan, let op, was hy nie daar nie; ek het hom gesoek, maar hy kon nie gekry word nie.

37. Lig die volmaakte hoog en kies die opregte, want daar is ’n goeie toekoms vir die man van vrede,

38. maar die sondaars sal saam vernietig word; die toekoms van die wetsoortreders is vernietiging,

39. maar die Verlosser van die regverdiges is יהוה, Hy sal hulle help in tyd van moeilikheid.

40. יהוה help hulle en bevry hulle; Hy bevry hulle van die wetsoortreders en red hulle, want hulle vertrou op Hom.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37