Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hulle swaard sal in hul eie hart ingaan en hulle boë sal verbreek word.

16. Die klein bietjie wat die regverdige man het, is beter as die oorvloed van baie wetsoortreders,

17. want die arms van die wetsoortreder sal gebreek word, maar יהוה ondersteun die regverdiges.

18. יהוה ken die dae van die opregtes en hulle erfenis sal vir ewig bly.

19. Hulle sal nie beskaamd staan in die tyd van boosheid nie en in dae van hongersnood sal hulle versadig word,

20. maar die wetsoortreder sal omkom en die vyande van יהוה soos die prag van die weivelde wat verdwyn; hulle verdwyn soos rook.

21. Die wetsoortreder leen en gee nie terug nie, maar die regverdige wys guns en gee,

22. want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde erf, maar die wat deur Hom vervloek word, sal vernietig word.

23. Die treë van ’n goeie man word deur יהוה bevestig en Hy is verheug oor sy lewe.

24. Alhoewel hy val, sal hy nie seerkry nie, want יהוה hou hom op met Sy hand.

25. Ek was jonk en nou het ek oud geword, maar ek het nooit die regverdige verlate gesien, of sy nageslag gesien bedel vir brood nie.

26. Die hele dag lank gee hy om en leen uit en sy nageslag is ’n seën.

27. Bly weg van wat boos is en doen goed en jy sal vir ewig rus,

Lees volledige hoofstuk Psalms 37