Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 36:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. U onpartydige opregtheid is soos die berge van God; U oordele is soos ’n groot diepte. יהוה, U bewaar mens en dier!

7. Hoe kosbaar is U liefdevolle goedheid, o God; daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van U vlerke.

8. Hulle floreer in die oorvloed van U huis en U sal hulle laat drink van die aangename waters uit U fontein,Open 21:6 in U Lig sien ons lig.

9. want by U is die fontein van lewe;

10. Laat U liefdevolle goedheid voortduur vir dié wat U ken en U onpartydige opregtheid vir die opregtes van verstand, wil en emosie.

11. Laat die voet van die trotse nie teen my kom nie en laat die hand van die wetsoortreder my nie verdryf nie.

12. Daar het die werkers van onregverdigheid geval; hulle is neergegooi en kan nie weer opstaan nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 36