Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 36:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; van Dawid, die kneg van יהוה. 2 Die wetsoortreder gee geboorte aan boosheid in sy verstand, wil en emosie. Daar is geen respekvolle vrees van God voor sy oë nie.

2. Hy is onwillig om sy sonde vergewe te sien of om hulle te haat.

3. Die woorde van sy mond is onregverdigheid en bedrog; hy is onwillig om goed te doen.

4. Hy beplan oortreding van die wet op sy bed; hy loop op ’n pad wat nie goed is nie en verag nie die boosheid nie.

5. O יהוה, U goedheid strek tot in die hemele, U getrouheid tot in die ruimte.

6. U onpartydige opregtheid is soos die berge van God; U oordele is soos ’n groot diepte. יהוה, U bewaar mens en dier!

7. Hoe kosbaar is U liefdevolle goedheid, o God; daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van U vlerke.

8. Hulle floreer in die oorvloed van U huis en U sal hulle laat drink van die aangename waters uit U fontein,Open 21:6 in U Lig sien ons lig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 36