Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:2-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Gryp die klein skild en die grote en staan op tot my hulp!

3. Trek die swaard uit en swaai dit teen hulle wat my vervolg! Sê vir my lewe: “Ek is jou Verlosser!”

4. Laat hulle wat my lewe soek, in verwarring kom en beskaamd staan; laat hulle wat boosheid teen my beplan, omgedraai en verneder word!

5. Laat hulle wees soos kaf voor die wind terwyl die boodskapper van יהוה hulle jaag.

6. Laat hulle pad duister en glibberig wees en die boodskapper van יהוה hulle vervolg,

7. want sonder rede het hulle ’n put vir my gegrawe en ’n net teen my lewe gespan.

8. Laat verwoesting onverwags oor hulle kom en laat sy net, wat hy gespan het, hom vang; laat hulle val in dieselfde put wat hulle gegrawe het!

9. My lewe sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה, dit sal vreugdevol wees in Sy verlossing.

10. Al my beendere sal sê: “יהוה, wie is soos U? Wie red die geteisterde van hulle wat sterker is as hy; ja, die geteisterde en behoeftige van hom wat sy eiendom met geweld wegvat!”

11. Valse getuies staan op, hulle kla my aan van dinge wat ek nie weet nie.

12. Hulle betaal my kwaad vir goed terug en vernietig my reputasie voor mense,

13. maar ek, toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my lewe nederig gemaak deur vas en my gebed het aangehou terugkeer na my binneste.

14. Ek het my gedra asof hulle my vriende of broers is; ek het laag neergebuig soos een ellendig in diepe rou,

15. maar toe ek struikel, het hulle bymekaargekom en hulle verheug; hulle het vir ’n lang tyd teen my bymekaargekom en ek het dit nie geweet nie.

16. Met hulle grootpratery en spot kners hulle die tande teen my.

17. יהוה, hoe lank sal dit aanhou? Red my lewe van hulle vernietiginge, my absoluut enigste een van die leeus.

18. Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande in die groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U helder en duidelik loof.Yog 15:25 hulle knip die oë kwaadwillig,Spr 6:13

Lees volledige hoofstuk Psalms 35