Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:12-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hulle betaal my kwaad vir goed terug en vernietig my reputasie voor mense,

13. maar ek, toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my lewe nederig gemaak deur vas en my gebed het aangehou terugkeer na my binneste.

14. Ek het my gedra asof hulle my vriende of broers is; ek het laag neergebuig soos een ellendig in diepe rou,

15. maar toe ek struikel, het hulle bymekaargekom en hulle verheug; hulle het vir ’n lang tyd teen my bymekaargekom en ek het dit nie geweet nie.

16. Met hulle grootpratery en spot kners hulle die tande teen my.

17. יהוה, hoe lank sal dit aanhou? Red my lewe van hulle vernietiginge, my absoluut enigste een van die leeus.

18. Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande in die groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U helder en duidelik loof.Yog 15:25 hulle knip die oë kwaadwillig,Spr 6:13

19. Laat my vyande hulle nie oor my verheug nie; ook nie dié wat my sonder rede haat nie;

20. want hulle praat nie van vrede nie, maar hulle bedink misleidende woorde teen dié wat stil is in die land.

21. Hulle maak hul mond groot oop teen my. Hulle het gesê: “Aha, aha, ons oog het dit gesien!”

22. U het dit gesien, oיהוה, moenie stilbly nie. יהוה, wees nie ver van my af nie!

23. Ontwaak en staan op vir my regverdige oordeel; sien my lyding, my God en my Meester, יהוה.

24. Oordeel oor my volgens U regverdigheid, יהוה, my God en laat hulle hul nie oor my verheug nie!

25. Laat hulle nie in hul verstand, wil en emosie sê: “Ons het van hom ontslae geraak en hom begrawe,” nie.

26. Laat hulle wat my boosheid toewens beskaamd staan en in verwarring gebring word; laat hulle wat hulself bo my oplig, met skande en oneer beklee word!

27. Laat hulle wat bly is oor my oorwinning sing van vreugde en bly wees; ja, laat hulle voortdurend sê: “Groot is יהוה wat bly is oor die vrede van Sy dienskneg!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 35