Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Kyk na Hom en vertrou in Hom en julle sal nooit teleurgesteld wees nie.

6. Hierdie arme man het na Hom geroep en יהוה het hom gehoor en hom gered uit al sy moeilikhede uit.

7. Die engel van יהוה slaan kamp op rondom dié wat Hom respekvol vrees en bevry hulle.1 Kef 2:3 geseënd is die man wat in Hom vertrou!

8. Kyk en sien dat יהוה goed is;

9. Vrees יהוה respekvol, julle Sy afgesonderdes, want vir hom wat Hom vrees, is daar geen gebrek nie.

10. Die jong leeus ly gebrek en het honger, maar dié wat יהוה soek, sal nie gebrek hê aan enige goeie ding nie.

11. Kom, julle seuns, luister na my; ek sal vir julle die respekvolle vrees van יהוה leer.

12. Wie is die man wat lewe begeer en die dae om die goeie te kan sien, liefhet?Ya’a 1:26

13. Weerhou jou tong van boosheid en jou lippe daarvan om bedrog te praat.

14. Gaan weg van die boosheid en doen wat goed is; soek vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid en jaag dit na.Mal 3:16; Ya’a 1:25

15. Die oë van יהוה is op die regverdiges en sy ore oop om hulle te hoor.

16. Die gesig van יהוה is teen die boosdoeners, om die herinnering aan hulle van die aarde af uit te roei.

Lees volledige hoofstuk Psalms 34