Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:2-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. My lewe sal homself altyd beroem op יהוה;

3. Maak יהוה saam met my groot en laat ons saam Sy Karakter en Outoriteit (Naam) verhoog!

4. Ek het יהוה gesoek en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees bevry.

5. Kyk na Hom en vertrou in Hom en julle sal nooit teleurgesteld wees nie.

6. Hierdie arme man het na Hom geroep en יהוה het hom gehoor en hom gered uit al sy moeilikhede uit.

7. Die engel van יהוה slaan kamp op rondom dié wat Hom respekvol vrees en bevry hulle.1 Kef 2:3 geseënd is die man wat in Hom vertrou!

8. Kyk en sien dat יהוה goed is;

9. Vrees יהוה respekvol, julle Sy afgesonderdes, want vir hom wat Hom vrees, is daar geen gebrek nie.

10. Die jong leeus ly gebrek en het honger, maar dié wat יהוה soek, sal nie gebrek hê aan enige goeie ding nie.

11. Kom, julle seuns, luister na my; ek sal vir julle die respekvolle vrees van יהוה leer.

12. Wie is die man wat lewe begeer en die dae om die goeie te kan sien, liefhet?Ya’a 1:26

Lees volledige hoofstuk Psalms 34